Machanik dalk gelikwideer
2011-02-07 10:26
Johannesburg – Standard Bank het 'n aansoek ingedien om die maatskappy van die omstrede eiendomsagent Wendy Machanik te likwideer.
Die bank sal môre 'n dringende aansoek by die Johannesburgse hooggeregshof indien sodat die meester van die hooggeregshof kan ingryp by die likwidasieproses. Machanik sal na verwagting nie die aansoek teenstaan nie.
Machanik het 'n oordragfasiliteit van R3 miljoen by Standard Bank, bankwaarborge van R40 000 en 'n korporatiewe kredietkaart met 'n limiet van R55 000.
Standard Bank se besluit kom ná die Raad op Eiendomsagentskapsake (Reas) Machanik verbied het om as eiendomsagent handel te dryf.
In hofdokumente sê die bank Machanik skuld hom meer as R1,65 miljoen plus rente, terwyl Machanik se agente en voormalige eiendomsagente R598 662 van haar eis.
Volgens bronne is Machanik R133 miljoen werd, terwyl sy skuld van R80 miljoen het.
Machanik se finansiële probleme kom nadat Pasco Risk Management bevind het dat R25, 5 miljoen glo uit haar trustrekening verdwyn het.
Daar word beweer dat sy geld uit dié rekening, waar klante se deposito's gehou is, gebruik het om haar maatskappy van ondergang.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter