Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Mac wou ANC se geheime blootlê

2011-12-11 08:30
Tweets Share Share line Print

Johannesburg –  Mac Maharaj, oudminister van vervoer en deesdae pres. Jacob Zuma se beeldpoetser, was bereid om ANC-geheime te ontbloot om vervolging vry te spring.

Dié plofbare onthulling is vervat in dokumente wat ingedien is as deel van ’n aansoek in die hooggeregshof in Pretoria waarmee Maharaj en sy vrou, Zarina, gehoop het om die Skerpioene se ondersoek na hul doen en late ’n paar jaar gelede uit die weg te ruim.

Die Skerpioene het bewerings van bedrog en korrupsie rondom die toekenning van kontrakte vir rybewyskaarte en die N3-tolpad teen hulle ondersoek.

Die hofdokument uit 2007, waarvan ’n afskrif in Rapport se besit is, bevat transkripsies van omstrede geheime bandopnames van Maharaj se vroeëre getuienis in 2003 aan die Skerpioene.

Dié transkripsies speel nou ’n sleutelrol in die twis tussen die media en Maharaj omdat dit klaarblyklik kan bewys Maharaj het tydens sy ondervraging gelieg. Dit kan tot strafregtelike klagte teen hom lei.

Maharaj het strafregtelike klagte ingedien teen twee Mail & Guardian-verslaggewers wat toegang tot die transkripsies gekry het. Rapport se susterkoerant City Press is ook gedreig met regsoptrede nadat uittreksels van die transkripsies wat reeds in 2007 in die koerant was, onlangs weer gepubliseer is.

Media24 se ondersoekspan het die afgelope week – soos die Wet op die Nasionale Vervolgingsgesag vereis – die direkteur van openbare vervolging, adv. Menzi Simelane, toestemming gevra om die transkripsies te publiseer wat die Maharaj-egpaar self by hul hofaansoek ingesluit het.

Verskeie plofbare onthullings word ook gemaak in die korrespondensie tussen die Maharaj-egpaar se prokureurs en die Skerpioene. Dié inligting word nie deur wetlike voorskrifte oor vertroulikheid beskerm nie.

* Die Skerpioene vermoed die egpaar het tydens hul getuienis onder eed gejok.

* Die Maharaj-egpaar is gevra om ’n lening van $200 000 deur ’n geheimsinnige “Hamaid Baig” in Maart 1998 aan hulle te verduidelik.

* Die Maharaj-egpaar het aangebied om sensitiewe inligting oor die ANC te bloot te lê.

* Die Skerpioene se ondersoek na die bedrywighede van Schabir Shaik in die wapenskandaal het vrae ontlok oor die egpaar se verhouding met Shaik.

* Die Skerpioene het betalings van Shaik in die Maharaj-egpaar se buitelandse bankrekenings nagespoor uit die tyd toe Maharaj nog ’n minister was.

In een van die opspraakwekkendste briewe het die Maharaj-egpaar se prokureurs in September 2005 probeer om “aansienlike uitstel” te kry om te reageer op moontlike onakkuraathede in hul getuienis.

Hierin onthul hulle hul aanbod om ANC-geheime te openbaar.

Die brief suggereer dat Maharaj se onthulling (van ANC-geheime) lig sou werp op die getuienis wat die Skerpioene teen die egpaar gekry het.

“Die probleem verbonde daaraan om die inligting in hierdie stadium openbaar te maak,” lui die brief, “is dat die besonderhede van die getuienis hoogs sensitiewe en komplekse historiese aktiwiteite binne die ANC met betrekking tot die stryd teen apartheid aanraak en dat die onthullings ernstige skade kan aanrig.”

Die Maharaj-egpaar se prokureurs het ook gesê dat hulle ’n “dossier” sou saamstel met dokumentasie om hul saak te bewys.

Die versoek dat die Maharaj-egpaar meer tyd kry om te reageer, is geweier, waarna hulle die hof­aansoek gebring het. Die saak is laat vaar nadat die Skerpioene, wat intussen ontbind is, besluit het om die ondersoek teen die Maharaj-egpaar te staak.

Maharaj het nie die afgelope week gereageer op versoeke om kommentaar nie.

* Maharaj en sy vrou se prokureur het teen die naweek aangedui dat hulle ’n obskure oorblyfsel van die apartheidswette wil gebruik om 'n strafregtelike klagte teen City Press en Media24 se ondersoekspan in te dien oor die publikasie van hul beweerde leuens aan ondersoekbeamptes. 

– Volg Nuus24 op Twitter

- Rapport

Lees meer oor: mac maharaj  |  media  |  politiek
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Jurie Vermeulen sê... Laat ek nou vir jou seg Seg Net, Hettie, hettie verstand nie Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Senekal - 06:24 AM
    Road name: R707
    POTHOLES and poor road surface conditions between Senekal and Marquard - proceed with caution
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Finance Manager

Johannesburg
The Personnel Concept
R700000 - R900000

Financial Accountant

Cape Town Northern Suburbs
Communicate Cape Town Engineering
R16000 - R19000

Financial Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R250000 - R300000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.