Mac Maharaj praat oor geheime betalings
2011-11-22 09:02
Kaapstad – Mac Maharaj, presidensiële woordvoerder, sal Dinsdagoggend reageer op berigte dat hy probeer het om die Mail & Guardian te keer om 'n berig, waarin hy glo by die omstrede wapentransaksie betrek word, te publiseer.
Van die opposisiepartye het gevra dat hy geskors word.
Die DA het ook aangedui dat hy die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, sal vra om bewerings in 'n Sondagkoerant te ondersoek dat geheime betalings in 'n buitelandse rekening van Maharaj se vrou inbetaal is.
Maharaj sal die Nasionale Persklub toespreek.
Intussen gaan die Mail & Guardian Dinsdag 'n brief by adv. Menzi Simelane, nasionale direkteur van openbare vervolging, in dien oor die gebruik van inligting wat Maharaj na bewering by onwettige betalings betrek.
Nic Dawes, redakteur van die Mail & Guardian, sê die brief moes na aanleiding van nuwe inligting heropgestel word.
– RSG
– Volg Nuus24 op Twitter