'Maak dronkryers skaam'

2011-02-24 08:55
Tweets Share Share line Print

Durban. – Suid-Afrikaanse motoriste is meer bekommerd dat hulle uitgevang sal word as hulle dronkbestuur of jaag as oor die mense wat hulle daardeur kan doodmaak.

Dís ’n houding wat Willies Mchunu, KwaZulu-Natalse LUR vir vervoer, wil omkeer deur onder meer maandeliks die name aan die groot klok te hang van mense wat in die provinsie weens dronkbestuur gevonnis is.

Die LUR het Woensdag die name van 55 mense bekend gemaak wat in Oktober aan dié misdryf skuldig bevind is.

Mchunu het gesê die departement oorweeg dit om oortreders se woonadresse en selfs hul foto’s in die toekoms te publiseer.

Die grootste boete onder die 55 was R30 000 aan G.M. Tifflin in Scottburgh. Tifflin se rybewys is ook vir twee jaar opgeskort.

Mthokozisi Ndlovu (27) is in Pietermaritzburg gevang met ’n bloedalkoholvlak van meer as vyf keer die wettige perk. Hy is met R3 000 beboet en sy rybewys is geëndosseer, wat beteken met ’n volgende oortreding kan ’n swaarder straf aan hom opgelê word.

Caro Smit, stigter van South Africans Against Drunk Driving, het gesê Ndlovu se bloedalkoholvlak was gelykstaande aan 13 sopies brandewyn. In so ’n geval is ’n mens 150 keer meer geneig om ’n ongeluk te maak en sal dit 13 uur duur voordat jy nugter genoeg is om te bestuur, het sy gesê.

Sy het Pietermaritzburgse howe gekritiseer omdat oortreders se rybewyse in slegs drie uit die 28 aangemelde sake (9%) daar opgeskort is. Die gemiddelde in die res van die gevalle was 50%.

Smit het gesê wetgewing maak voorsiening vir boetes van tot R120 000.

“Oortreders se regte word beskerm – hulle kan prokureurs en advokate aanstel om hulle te verdedig – maar nie dié van die slagoffer en hul families nie,” het sy gesê.

Die langste tydperk waarvoor ’n rybewys opgeskort is, was vyf jaar.

In Desember is 416 mense in die provinsie gevang wat onder die invloed van drank bestuur het en in Januarie 215.

Volg Nuus24 op Twitter

Lees meer oor: dronkbestuur  |  padveiligheid

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.