Ma wat seun moor skuldig bevind aan moord
2010-08-24 01:30
Pretoria – ‘n Ma van Tembisa, wat haar vyfjarige seun doodgesteek het voor sy hom vermink het omdat sy geglo het hy was die bron van haar probleme, is Maandag in die hooggeregshof in Pretoria skuldig bevind aan moord.
Die 26-jarige ma van drie, Batseba Irene Lekgeu, is voorheen verwys vir ‘n evaluasie van haar geestestoestand, maar ‘n paneel psigiaters het beslis dat sy reg is om in die hof te verskyn.
Hulle het haar wel met depressie gediagnoseer.
Lekgeu het vertel dat sy haar tweede seun, Andile, in November 2008 vermoor het omdat sy nie haar finansiële situasie kon hanteer nie.
Sy het gevrees haar seun sou ‘n krimineel soos sy pa word.
Lekgeu het die aand van die moord glo haar seun in sy kombers opgetel en na ‘n leë huis geneem.
“Ek het om op die vloer gesit en omtrent vyf keer met ‘n mes wat ek uit my ma se huis geneem het gesteek. Hy het vinnig op die toneel as gevolg van die steekwonde gesterf,” het sy gesê.
“Ek het toe die idee gekry om sy oor en geslagsdeel af te sny om die aandag van myself as ‘n verdagte te haal en sodoende die idee te skep dat hy die slagoffer van ‘n onbekende moordenaar is.”
Lekgeu het ‘n poging aangewend om die voorval na ‘n rooftog en ontvoering te laat lyk, maar skuldgevoelens het daartoe gelei dat sy haarself later jn die dag by die polisie gaan oorgee het.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA