Ma wat glo kinders verdrink se saak uitgestel
2012-02-08 18:58
Johannesburg – Die saak teen ‘n vrou wat daarvan beskuldig word dat sy haar vyf kinders verdrink het, is Woensdag in die Pampierstad-landdroshof uitgestel, het die polisie in Noordwes gesê.
“Dit is tot 13 Februarie uitgestel vir ‘n formele borgaansoek,” het kol. Hendrik Swart gesê.
Venolia Siwa (35) staan tereg op aanklagte daarvan dat sy haar kinders – tussen die ouderdomme van twee en 13 jaar – verdrink het nadat sy gemeen het ‘n brousel wat sy hulle ingegee het werk nie vinnig genoeg nie.
Sy is in hegtenis geneem nadat die lyke van haar kinders by ‘n huis in Lower Majeakgoro gevind is op 17 Oktober.
Sedert haar inhegtenisneming het Siwa 30 dae se evaluering by die Weskoppies-psigiatriese hospitaal ondergaan.
Sy was Woensdag teenwoordig in die hof, het Swart gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA