Ma wat baba glo moor, kry 1 in tronk

2010-03-12 09:43
Tweets Share Share line Print

Sonja van Buul, Beeld

Johannesburg - ’n Jong ma wat van die moord op haar babaseuntjie aangekla word, het Donderdag in die hofselle in Vanderbijlpark geskreeu toe haar nuwe baba van haar weggeneem is.

Wilhelmina Johanna (Mimmie) Kraft (24), wat die vier maande oue Daniël na bewering vermoor het, het op 31 Januarie in die Diepkloof-gevangenis in Johannesburg die lewe aan nog ’n seuntjie geskenk.

Kraft is op 24 Junie verlede jaar ná ondervraging in hegtenis geneem. Vroeg daardie oggend is Daniël vermoedelik eers versmoor en daarna op Barrageweg neergesit waar ’n voertuig moontlik oor hom gery het.

“Daar word vir die baba se veiligheid en lewe gevrees as hy langer in die gevangenis, waar sy verhoorafwagtend is, in die ma se sorg gelaat word,” het insp. Tinus Oosthuizen, ondersoekbeampte in die moordsaak, Donderdag buite die hof gesê.

Met net ’n klein botteltjie babamelk, ’n kombersie, ’n paar weggooidoeke en die kleertjies aan sy lyf het Kraft die baba gister van die gevangenis na die hof gebring.

Hofpersoneellede het rondgeskarrel om die baba te versorg nadat hy uit die hofselle verwyder is.

Danny Labuschagne (21), Daniël se pa, was nie Donderdag by die hof nie.

Daniël se lykie is in die lang, droë gras langs die pad tussen ’n bos turksvye aan die brand gesteek waar dit later sowat 200 m van Kraft en Labuschagne se woonstel op die Stefanopark-kleinhoewes buite Vanderbijlpark gevind is.

Kraft en Labuschagne is ook die ouers van ’n driejarige dogtertjie wat in pleegsorg is.

Daniël is bo-op nog ’n babasussie, wat in 2005 ’n dag ná haar geboorte dood is, begrawe. Die oorsaak van dié baba se dood is nie bekend nie.

Die moordsaak is tot 25 Maart uitgestel omdat Kraft glo erg ontsteld is omdat sy van haar jongste kind geskei is.

Terwyl sy in die Vanderbijlpark-polisieselle aangehou is, het Kraft twee keer probeer selfmoord pleeg deur haarself met haar baadjie op te hang. 

- Beeld

Lees meer oor: baba  |  moord  |  hof

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.