Ma, vriend verhoor ná naakfoto's van kind

2011-07-14 07:08
Tweets Share Share line Print

Kroonstad - ’n Ma van die dorp en haar vriend word volgende maand in die hof vir seksuele misdade in Welkom verhoor op verskeie seksverwante aanklagte nadat haar 9-jarige dogtertjie na bewering met die dood gedreig is as sy geweier het dat die vriend seksueel prikkelende naakfoto’s van haar neem.

Johann Wiegand, aanklaer, het Woensdag in die streekhof op Kroonstad gesê die direkteur vir openbare vervolging (DOV) het beslis die ma en vriend moet verhoor word.

Dit blyk die vertoë wat die verdediging aan die DOV oor hul vervolging gerig het, het misluk.

Die ma en vriend staan albei voorlopig tereg op aanklagte van seksuele aanvoorwerk, beter bekend as grooming, die gebruik van ’n kind vir kinderpornografie, die vervaardiging van kinderpornografie en die besit van kinderpornografie.

Die man is ook aangekla van onsedelike aanranding en ontbloting.

Streeklanddros Rudi Smit het die verhoor Woensdag op versoek van die staat na dié streekhof in Welkom oorgeplaas.

Die ma het Woensdag met ’n sonbril op haar kop alleen by die hofgebou opgedaag. Sedert haar eerste hofverskyning maande gelede is sy nog elke keer deur ’n vriend en ’n vrou wat glo haar suster is, ondersteun.

’n Bejaarde paar, vermoedelik die man se ouers, het hom Woensdag weer by die hof ondersteun.

Geklee in ’n motorfietsryersbaadjie het hy soos voorheen voor die hofverskyning styf langs hulle gesit.

Selfoonkamerafoto’s en -videos is na bewering van die kaal gr.2-leerling geneem kort nadat haar ma ’n beweerde seksorgie met dié man en ’n ander man gehad het.

Die beweerde orgie het glo reg voor die kind plaasgevind.

Luidens hofstukke moes die kind ná die beweerde seksorgie op 2 Augustus 2009 naak in seksueel prikkelende posisies poseer vir foto’s en videos wat glo met ’n Nokia-selfoon geneem is.

Die kind is gedreig dat sy met ’n steakmes in die hart gesteek gaan word as sy weier om te poseer, lui hofstukke.

Die ander man wat glo by die beweerde seksorgie met die aangeklaagdes betrokke was, is nie aangekla nie.

Die ma en vriend moet op 18 Augustus in Welkom in die beskuldigdebank staan.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
51 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.