Ma voor na sy baba in put gooi
2009-09-07 09:22
Johannesburg – ‘n 21-jarige vrou wat na bewering haar baba probeer doodmaak het, verskyn na verwagting vandag in die Calcutta landdsroshof in Mpumalanga.
Sup. Abie Khoabane het gesê sy het haar pasgebore babadogter by ‘n toiletput ingegooi.
"Inwoners het opgedaag en die polisie in kennis getel," het Khoabane gesê.
Sy was op die aanklag van poging tot moord in hegtenis geneem.
Die baba is na ‘n nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.
- Sapa