Ma vergiftig kinders
2010-10-06 05:10
Johannesburg - 'n Ma het Dinsdag probeer om haarself en haar twee kinders in Diepkloof te vergiftig, het die Gautengse polisie gesê.
Die vrou het die pa van haar twee kinders, 'n tweejarige en vyf maande oue baba gekontak en aan hom gesê die kinders 'pla' haar, so sy gaan hulle vergiftig, het konst. Nare Setati ges.
Die pa het nie geweet waar die vrou woon nie en het toe 'n vriend gevra om haar te kontak en sodoende die adres te kry.
Toe die vriend by die vrou se huis aankom het hy die polisie gekontak.
"Toe die polisie by die huis opdaag, het die vrou reeds die kinders vergiftig."
Die kinders is na 'n hospitaal geneem en is tans in 'n kritieke toestand, het Setati gesê.
Die ma is ook na die hospitaal geneem en is tans onder polisiebewaking.
'n Saak van poging tot moord word ondersoek.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA