Ma vergiftig kind, hang self
2011-06-28 22:57
Kaapstad – Twee lyke is Dinsdag in ‘n huis in Tamboerskloof, Kaapstad, ontdek nadat ‘n ma vermoedelik haar kind vergiftig het voordat sy haarself gehang het, het die polisie in Kaapstad gesê.
Volgens lt. kol. André Traut is die lyke omstreeks 09:30 ontdek in die huis waarin hulle saam gewoon het.
Die 42-jarige vrou se lyk het aan die trap se relings gehang. Die agtjarige meisie se lyk is in haar bed gevind.
Die omstandighede rondom die sterftes word ondersoek, het Traut gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA