Ma verdwyn spoorloos ná MXit-ontmoeting

2010-01-20 07:01
Tweets Share Share line Print

Tom de wet

Bloemhof - ’n Vrou van dié dorp het sonder taal of tyding met haar twee kinders verdwyn nadat sy glo ’n man deur ’n selfoon-kletskamer ontmoet het.

Nellie Matthysen (38) het haar klere, meubels en ander besittings net so in haar woonstel in die dorp gelos toe sy begin Desember met haar twee kinders, Arno (12) en Isabel (6), weg is.

Haar familie in Hoopstad en Virginia is siek van bekommernis, omdat sy op geen oproepe of boodskappe reageer nie. Selfs ’n aanbod dat hulle vir haar geld stuur, het geen reaksie ontlok nie.

Clasina Britz, haar suster op Virginia, het gesê die familie is baie bekommerd dat iets dalk met haar en die kinders gebeur het.

Hulle kon nie eers vasstel of die kinders vanjaar elders by ’n skool ingeskryf is nie.

Matthysen en haar man is vervreem van mekaar en sy het daarna van Hoopstad na Bloemhof getrek, waar sy sowat ’n jaar gebly het.

“Sy het net die nodigste, soos as jy vir ’n rukkie gaan kuier, saam met haar gevat.

“Ons het haar en die kinders ’n paar dae ná hul verdwyning as vermis by die polisie aangemeld en by hulle verneem dat kennisse beweer Nellie het iemand deur MXit ontmoet.

“Dit is vir ons geen probleem nie. As sy gelukkig is, is ons bly. Maar iets is fout, omdat ons absoluut niks van haar hoor nie.”

Die polisie het gesê die selfoonnommers wat hul­le vir Matthysen het, is nie meer aktief nie. Sy het ook geen bankrekenings of ander rekenings wat hulle kan gebruik om haar op te spoor nie.

Enigiemand met inligting oor Matthysen en die kinders kan Britz by 076 191 4507 bel of haar ander suster, mev. Hannetjie Botha, by 072 242 7754.

- Die Burger

Lees meer oor: vermis

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.