Ma vas wat kind aan bed vasmaak
2012-01-19 18:55
Johannesburg – ‘n Ma is in hegtenis geneem op aanklagte van kindermishandeling nadat haar vyfjarige seun in hul hut in Somerset-Wes gevind is waar hy aan ‘n bed vasgemaak was, het die polisie in die Wes-Kaap Donderdag gesê.
Die bure het gehoor hoe die seun en sy tweejarige sussie Woensdag van binne die hut in Sir Lowry’s Pas, Somerset-Wes, skree, het kapt. Frederick van Wyk gesê.
Die polisie is uitgeroep en hulle het die kinders alleen in die hut gevind, met die seun wat met sy been aan die bed vasgemaak is.
Die 28-jarige ma sal Vrydag in die landdroshof in Somerset Wes verskyn.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA