Ma vas ná sy glo vyf kinders vermoor
2011-10-19 14:21
Noord-Kaap – 'n Vrou is in hegtenis geneem nadat sy glo haar kinders in die Majeakgoro-nedersetting in Pampierstad in die Noord-Kaap vermoor het, het die polisie Woensdag gesê.
"'n Familielid het Maandag na die huis gegaan en die lyke van die vyf kinders afgekom," het kapt. Cherelle Ehlers, polisiewoordvoerder, gesê.
Die vrou is Dinsdag in hegtenis geneem.
Die kinders was twee, vier, vyf, 10 en 13 jaar oud.
Ehlers het gesê 'n lykskouing sal gehou word om die oorsaak van die kinders se dood vas te stel.
Die polisie ondersoek die saak.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA