Ma vas ná sy glo kinders gif ingee
2011-10-17 14:29
Noordwes – 'n Vrou is in hegtenis geneem nadat sy glo haar tweejarige baba in Klerksdorp vergiftig het, het die polisie in die Noordwes Maandag gesê.
"Die vrou het Sondag haar twee kinders gif ingegee en toe self die gif gedrink," het lt.kol. Lesego Metsi, polisiewoordvoerder, gesê.
Die 35-jarige vrou en haar kinders is hospitaal toe geneem, waar die baba Sondag dood is. Haar vyfjarige dogter ontvang steeds behandeling, maar sy is in 'n stabiele toestand.
Die is aangekla van moord en poging tot moord nadat sy uit die hospitaal ontslaan is.
Metsi het gesê die vrou verskyn binnekort in die hof.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA