Ma vas ná sy glo baba weggooi
2010-06-03 19:09
Johannesburg – ‘n Ma wat na bewering haar baba in ‘n veld agtergelaat het, is Donderdag in Bramley in hegtenis geneem, het die polisie gesê.
“Die vrou het na die polisiestasie gekom en gesê dat sy gesien het hoe iemand ‘n baba in die veld gelos het. Die polisie het haar ondervra en vasgestel dat sy self die kind in die veld gelos het,” het ao. Moses Maphakela, polisiewoordvoerder, gesê.
Die vyf maande oue baba is Woensdag gevind en na ‘n plek van veiligheid geneem.
Die 25-jarige vrou is in hegtenis geneem en sal Vrydag in Alexandra in die landdroshof verskyn.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA