Ma van twee is glo Lotto-wenner
2010-02-16 13:57
Midrand – Die “wenner” van die R91 miljoen Powerball-boerpot wat oor die naweek in verskeie koerante verskyn het is ‘n bedrieër, het Bongani Khumalo, Powerball-voorsitter, Dinsdag gesê.
Volgens Khumalo is die regte wenner ‘n 43-jarige ma van twee tieners wat haar eie besigheid bestuur.
Sy en haar man was onbewus van al die aandag wat die media aan die “vals” wenner gegee het, het Khumalo gesê.
Die vrou en haar man het nie beplan om mense van hulle nuwe fortuin te vertel nie.
Khumalo het gesê dat hulle nie beplan om hulle lewens dramaties te verander nie.
Dit was die eerste keer wat die anonieme wenner die Lotto gespeel het. Nadat sy uitgevind het dat sy gewen het, het die vrou en haar man by ‘n hotel ingeboek.
- Sapa