Ma tronk toe vir moord op baba
2012-01-19 22:17
Johannesburg – ‘n Ma van Noordwes is agt jaar gevangenisstraf opgelê in die Mogwase-streekhof vir die moord op haar twee maande oue baba, het die polisie Donderdag gesê.
Ntombi Ngunduza (32) het op 18 Desember 2010 na die baba se gegaan om vir die kliniekkaart te vra sodat sy die baba daarheen kon neem vir ‘n konsultasie, het kapt. Tselane Nkala gesê.
“Hy het geweier om die kliniekkaart te oorhandig. Die woedende ma het die baba teen die muur gegooi. Die baba het op die toneel gesterf. Sy is dieselfde aand in hegtenis geneem en het op 22 Desember die eerste maal in die hof verskyn.”
Ngunduza het op 5 Januarie 2011 om borgtog aansoek gedoen. Borgtog is geweier en sy het in aanhouding gebly.
“Sy is skuldig bevind aan moord en is tot agt jaar gevangenisstraf gevonnis,” het Nkala gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA