Ma tronk toe ná sy glo baba vermoor
2010-07-07 15:45
Johannesburg – ‘n Vrou is Woensdag in Ivory Park in hegtenis geneem nadat sy glo haar eenjarige baba vermoor het, het die polisie in Ivory Park gesê.
Gemeenskapslede het die babalyk Dinsdagaand in ‘n oop veld gevind en die polisie in kennis gestel, het konst. Neldah Hlase gesê.
“’n Gedeelte van die baba is reeds deur rotte geëet,” het hy gesê.
Die 26-jarige ma beweer haar baba is ondervoed en het Saterdagaand gesterf.
“Sy het die baba weggegooi omdat sy geen ander opsie gehad het nie, en ook nie geld om die baba te begrawe nie,” het Hlase gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA