Ma, seun sterf in brand
2011-07-15 21:16
Johannesburg – 'n Vrou en haar seun het in hul plakkershut in Orange Farm in die suide van Johannesburg doodgebrand, het die polisie Vrydag gesê.
"Ons vermoed sy het 'n kers aangelos en aan die slaap geraak," het kapt. Johannes Motsiri gesê.
Die vrou en haar eenjarige seun het in 'n plakkershut in iemand se agterplaas gewoon.
Motsiri het gesê die eienaar van die huis het wakker geword toe hy rook ruik. Toe hy buite kom, het die plakkershut gebrand.
Die eienaar van die huis het gesê die plakkershut het elektrisiteit, maar dat hy altyd die hoofskakelaar ná middernag afskakel.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA