Ma ondervra ná kinders in brand sterf
2012-01-16 17:00
Durban – Die ma van die twee kleuters wat gesterf het toe ‘n brand by die Westpoint Lodge uitgebreek het, sal vandeesweek ondervra word, het die KwaZulu-Natalse polisie Maandag gesê.
Die brand het verlede week in Victoria Embankment – een van die stad se oudste en gewildste strate – uitgebreek.
“Die ma was Vrydag vir trauma-berading verwys en speurders sal vandeesweek met haar vergader vir ondervraging,” het kol. Jay Naicker gesê.
‘n Eenjarige meisie en haar driejarige broer het in die brand gesterf.
Volgens Naicker is die kleuters aan rook-inaseming dood.
Die 27-jarige ma het glo ten tyde van die brand na die winkels gegaan.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA