Ma keelaf gesny in huis in Kaapstad
2012-10-05 08:45
Kaapstad – 'n Ma is keelaf gesny in 'n beweerde rooftog in Claremont, Kaapstad, het die Cape Times berig.
Die lyk van die 33-jarige Antoinette du Plessis se lyk is omstreeks 12:00 Donderdag in haar huis in Buchananweg gevind.
Du Plessis se huishulp het op haar lyk afgekom toe sy en haar (Du Plessis se) tweejarige dogter van die parkie af teruggekeer het.
André Traut, polisiewoordvoerder, het gesê drie verdagtes, tussen die ouderdomme van 20 en 25, is in hegtenis geneem. Die polisie is op soek na 'n vierde persoon.
Volgens die polisie het een van die mans voorheen vir die vrou gewerk.
'n Skootrekenaar en 'n televisie, wat na bewering tydens die rooftog gesteel is, is in die verdagtes se besit gevind.
'n Inwoner, wat anoniem wou bly, het aan die koerant gesê die voordeur en veiligheidshek was oop.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA