Ma in kinderporno-saak borgtog geweier
2011-04-06 14:58
Pretoria – Die negende verdagte in die Pretoria-pornografiesaak is in die Pretoria-Noord landdroshof borgtog geweier.
Die vrou staan saam met agt familielede tereg op aanklagte van verkragting, seksuele aanvoorwerk, onsedelike aanranding en die besit, vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie.
Sy is etlike weke na die ander lede van haar familie in hegtenis geneem.
Die verdagtes word daarvan beskuldig dat hulle hul eie kinders, kleinkinders en kinders in hul pleegsorg seksueel mishandel het.
Die landdros het bevind daar is geen buitengewone omstandighede wat haar vrylating op borgtog regverdig nie.
Die saak is uitgestel tot 5 Mei vir verdere ondersoek.
Die verdagtes bly in aanhouding totdat hulle dan in die streekhof verskyn.
– RSG
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA