Ma in huis in Hermanus vermoor

2011-10-27 08:02
Tweets Share Share line Print

Kaapstad en Hermanus – Die moord op ’n ma van twee het die rustige Overbergse vakansiedorp Hermanus Woensdag geskud.

Juliet Haw (43) van Voëlklip is glo in haar huis oorval, vasgebind en doodgesteek.

Haw se pa, wie se naam nie bekend is nie, het omstreeks 15:35 op sy dogter se lyk in haar huis in Derde Straat afgekom nadat haar kinders se skool hom gebel het.

“Die skool het die oupa omstreeks 14:45 gebel om te sê die kinders, onderskeidelik 10 en 12 jaar oud, is nog nie gehaal nie,” het ao. November Filander, provinsiale polisiewoordvoerder, gisteraand gesê.

Die pa het om 12:00 die laaste keer met sy dogter gepraat toe sy ’n grassnyer by hom wou leen.

Filander het gesê die pa is toe na Haw se huis en het deur ’n kamervenster gesien die huis is deurmekaar.

“Hy het na die voordeur gestap wat toe was, maar nie gesluit nie. Hy het die hele huis deursoek, maar kon nie sy dogter vind nie.”

Die laaste vertrek wat die pa deursoek het, was die spens langs die kombuis. Dit is hier waar hy Haw vasgebind en vol steekwonde aan haar bors gekry het.

Dit is onduidelik of die moordenaar die mes in die huis gekry het en of die persoon dit saamgebring het. Filander kon nie sê hoeveel keer Haw gesteek is nie.

Dit blyk in die stadium dat slegs haar selfoon weg is.

Na verneem word, was sy nie getroud nie. Vriende van die vermoorde het by haar huis opgedaag nadat hulle die nuus gehoor het. Een vriend het gesê: “Ons het ’n briljante gees verloor.”

Bure was baie ontsteld om te hoor ’n moord het etlike meters van hul huise af gebeur. Die omgewing is as “’n stil buurt” bestempel.

’n Man het gesê hy was die hele dag by die huis, maar het niks verdag gehoor of gesien nie.

“Ons kan nie glo dit is Juliet nie. Sy het kinders. Ons kan nie glo sy is vermoor nie,” het ’n bejaarde buurman gesê.

Niemand is teen laat Woensdagaand nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie.

Hannes Kleynhans (66), ’n gesiene sakeman in die myn- en juweliersbedryf en jare lange president van Hermanus se gholfklub, is twee jaar gelede voor sy vrou in die kop geskiet nadat drie ge­wapende mans doodluiters by hul huis in Fernkloof se agterdeur ingestap het.

’n Amerikaanse sakeman, Perry Page, is in 2007 in sy huis in Hoofstraat vermoor toe hy en sy vrou aangeval is. Page is in die nek en bors gesteek en sy vrou met tou vasgebind. Hy is op die toneel dood. Sy vrou, Sally-Ann, het oorleef.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: moorde  |  misdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
18 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.