Ma in hof ná sy dogter steek
2011-05-30 16:25
Johannesburg – Die saak van 'n ma wat na bewering haar negejarige dogter agt keer gesteek het, is Maandag in die Protea-landdroshof uitgestel, het die polisie in Gauteng Maandag gesê.
"Die saak is tot 3 Junie uitgestel vir verdere ondersoek en die vrou is borgtog geweier," het ao. Kay Makhubele gesê.
Thato Thekisho se 36-jarige ma het haar na bewering agt keer op 21 Mei gesteek.
Sy is na die Lesedi-kliniek geneem en is steeds in 'n stabiele toestand in die hospitaal.
Volgens Mantoa Raphala, die ouma, het die kind se ma haar verlede Sondag uit die bed gesleep en haar begin steek.
Raphala (71) het gesê sy het probeer ingryp, maar is na bewering deur haar dogter weggestoot.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA