Ma in hegtenis ná kinders in brand sterf
2011-08-20 11:16
Kaapstad – Twee kinders is dood toe die plakkershut waarin hulle gewoon het in Nyanga afgebrand het, het nooddienspersoneel in Kaapstad Saterdag gesê.
'n Sesjarige meisie en tweejarige seun is dood toe die struktuur van hout en metaal Vrydagnag afgebrand het, het Wilfred Solomons-Johannes, 'n woordvoerder, gesê.
Vier mense is ook dakloos gelaat.
Sapa het ook berig dat die kinders se 49-jarige ma intussen in hegtenis geneem is. Dis nie in hierdie stadium duidelik wat die aanklagte teen haar is nie.
Volgens Solomons-Johannes staan die Rooikruis en Stad Kaapstad se rampbestuur die mense by wat deur die brand geraak is.
Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie, het hy gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA