Ma gesoek ná gru-moord op baba
2011-07-12 13:07
Kaapstad – Die polisie in Kaapstad is op soek na 'n vrou in verband met die gru-moord op 'n pasgebore baba wat op 'n vullishoop gevind is.
Die baba, wat keelaf gesny en in 'n sak gestop is, is Saterdagoggend op 'n vullishoop in die Never Never- informele nedersetting in Brown's Farm, Philippi, gevind.
Kinders wat tussen die plakkershutte gespeel het, het op die kind se lyk afgekom.
Die polisie is nou op soek na die baba se 26-jarige ma, Lumka Jordaan, wat onlangs uit Gauteng in Kaapstad aangekom het.
'n Polisiewoordvoerder het bevestig dat Jordaan die hoofverdagte is.
Jordaan het intussen spoorloos verdwyn.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter