Ma en dogters gevang met dagga
2009-08-10 15:06
Johannesburg - ‘n Ma en haar twee dogters is in Fairlands, Johannesburg, in hegtenis geneem nadat daar gevind is dat hulle dagga groei, het Gautengse polisie Maandag gesê.
Die 38-jarige vrou en haar twee dogters, 16 en 18, is daaraan skuldig bevind dat hulle dagga wat sonder grond kan groei in die kaste van ‘n huis gegroei het, het kaptein Julia Claassen gesê.
Hulle is Sondag in hegtenis geneem en die polisie het beslag gelê op dagga met ‘n straatwaarde van R20 000.
Claassen het gesê dat hierdie tipe dagga ‘n “hoër profiel” het en sterker is as gewone dagga wat buite gegroei word.
Sy het gesê dat die drie aangekla gaan word vir die vervaardiging en verspreiding van dagga.
Hulle sal Dinsdag in die landdroshof in Johannesburg verskyn
- Sapa