Ma en dogter sterk aan ná rotgif-voorval
2010-10-22 13:32
Johannesburg – Mediese personeel wat ‘n ma en dogter van Philippi in Kaapstad behandel nadat hulle rotgif gedrink het, is vol vertroue dat beide dit sal maak, het polisie in die Wes-Kaap Vrydag gesê.
“Die dogter is in ‘n kritieke, maar stabiele toestand en die ma is ook stabiel, maar sy moes kalmeermiddels gegee word aangesien sy nie normaal opgetree het nie, het kapt. Ntomboxolo Sitshitshi gesê.
Sy kon nie verder uitbrei nie.
Die 28-jarige ma was onder polisie toesig in die hospitaal, nadat sy glo Woensdagaand aan haar twee dogters rotgif gegee en daarna self daarvan geneem het.
Haar eenjarige baba het in hul huis in Browns Farm gesterf.
Die vrou sal ‘n aanklag van moord en poging tot moord in die gesig staar wanneer sy uit die hospitaal ontslaan word.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA