Ma en baba sterf in ongeluk
2010-01-05 16:58
Johannesburg - ‘n Vrou en haar 18 maande oue babadogtertjie is dood toe hul motor beheer verloor en teen ‘n bus op die Moloto-pad in Pretoria gebots het, het polisie gesê.
“Volgens ooggetuies, het die Toyota Corolla van die pad afgery en toe die bestuurder (die eggenoot en pa van die oorledenes) probeer om die motor op die pad terug te kry, het hy beheer verloor en reg van voor teen ‘n Putco-bus gebots," het Johannes Jafta, ‘n polisiewoordvoerder gesê.
Die ma en kind is op die toneel dood terwyl die bestuurder en nog twee passasiers in die motor, vir ernstige beserings na die hospitaal geneem is.
Die polisie ondersoek tans ‘n saak van strafbare manslag.
- Sapa