Ma dood, seun beseer in Bfn-ongeluk
2011-08-28 22:57
Johannesburg – ‘n Vrou is dood en haar seun is ernstig beseer toe die bakkie waarin hulle gereis het Sondag deur ‘n vragmotor in Bloemfontein getref is, het paramedici in die Vrystaat gesê.
Jeffrey Wicks, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het gebeur toe albei voertuie by ‘n kruising in Du Plessislaan ingery het.
“Toe paramedici op die toneel aangekom het, was die bakkie aan die kant van die pad en heeltemal verswelg deur vlamme.
“’n Vrou en haar seun is uit die wrak getrek deur dié wat die ongeluk aanskou het. Hulle het albei langs die pad gelê.”
Die vrou het kritieke beserings opgedoen en het gevolglik gesterf. Haar seun is in die hospitaal opgeneem en is in ‘n ernstige toestand.
Die vragmotorbestuurder is nie beseer nie.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA