Ma, dogter vas oor dwelms
2011-08-24 10:07
Kaapstad – 'n Ma en haar dogter is in Manenberg, Kaapstad, in hegtenis geneem nadat dwelms met 'n straatwaarde van R500 000 in hul woonstel gevind is, het die polisie gesê.
Die polisie het omstreeks 14:00 Dinsdagmiddag 'n klopjag op die huis uitgevoer, het ao. November Filander, polisiewoordvoerder, in 'n verklaring gesê.
Die polisie het beslag gelê op 800 g tik, 900 Mandrax-tablette en unga ('n mengsel van dagga en heroïen) wat in 'n hangkas versteek was.
Die 56-jarige ma en haar 18-jarige dogter sal na verwagting Donderdag op aanklag van dwelmhandel in die Athlone-landdroshof verskyn.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA