Ma dagvaar gesondheidsdep vir R7 milj
2011-06-13 10:18
Johannesburg – Die ma van ‘n gestremde seuntjie wat volgens haar breinskade in die hospitaal opgedoen het dagvaar die Mpumalanga-gesondheidsdepartement vir R7 miljoen, berig Sowetan.
Magaret Moremedi van Kwaggafontein naby KwaMhlanga beweer in haar klag dat verpleegsters “nalatig was en nie normale prosedure gevolg het” tydens die geboorte van haar kind nie.
Sy het die klag teen die departement en sy LUR, Dikeledi Mahlangu, ingedien, het die koerant Maandag berig.
Die seun, wat nou agt jaar oud is, is verstandelik gestremd. Moremedi blameer die kind se toestand op kraamverpleegsters wat haar met sy geboorte in 2003 in Lindokuhle bygestaan het.
Die gesondheidsdepartement in Mpumalanga het Sondag aan die koerant gesê die saak word ondersoek.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA