Ma by skool gekaap
2010-09-02 12:02
Johannesburg – ‘n Vrou is Woensdag in Benoni gekaap toe sy haar kind by die skool wou oplaai, het die polisie in Johannesburg bekend gemaak.
Volgens ao. Jannie van Aswegen, polisiewoordvoerder, het die vrou in haar motor buite die skool in Rynfield gewag toe twee verdagtes haar genader het.
Een van die kapers het ‘n vuurwapen gebruik om die bestuurderskant se venster uit te slaan en die slagoffer beveel om uit die motor te klim.
Beide mans het daarna in die motor geklim en weggejaag.
Die motor se opspooringstoestel is geaktiveer en ‘n helikopter is gebruik om die motor te vind.
Die verdagtes is in Daveyton voorgekeer.
Niemand is in hegtenis geneem nie en die slagoffer het geweier om ‘n saak by die polisie aanhangig te maak.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA