Ma bly agter tralies ná sy kinders in motor los
2011-12-09 16:34
Johannesburg – Die polisie het gesê 'n vrou wat in hegtenis geneem is nadat sy haar kinders in 'n motor toegesluit het sal die naweek agter tralies deurbring.
Die vrou sal Maandag in die hof verskyn.
Die 34-jarige ma het Donderdag gaan inkopies doen en haar tweejarige en ses maande oue kinders in haar swart BMW gelos.
'n Sekuriteitswag het dit gesien en die polisie gebel.
Paramedici het die venster van haar motor gebreek om die erg gedehidreerde kinders uit die motor te haal. Volgens die polisie het die vrou 'n polisiebeampte met die vuis bygedam terwyl sy in hegtenis geneem is.
Die vrou staan tereg op aanklagte van kinderverwaarlosing, aanranding en verset teen in hegtenisneming.
Xolani Mkhize, polisiewoordvoerder, het gesê die saak het nie Vrydag hof toe gegaan nie omdat die dossier nie daar was nie.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter