MTN-werkers vas oor bedrog van R200 miljoen
2011-09-22 11:23
Johannesburg – Tien MTN-werknemers is in Fairland in die noordweste van Johannesburg in hegtenis geneem oor bedrog wat sowat R200 miljoen beloop, het die metropolisie gesê.
Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, het gesê agt mans en twee vroue is in hegtenis geneem toe hulle Donderdag by MTN se hoofkantoor opdaag om te werk.
Minnaar het gesê die mense is in hegtenis geneem nadat die polisie 'n wenk ontvang het.
Die polisie het beslag gelê op 560 simkaarte. Die waarde van die lugtyd op dié simkaarte is tussen R1 000 en R5 000 per kaart.
'n Woordvoerder van MTN het gesê die maatskappy sal later kommentaar lewer.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA