Lyke van drie vermiste tieners gevind
2011-05-09 09:42
Limpopo – Die lyke van drie tieners wat onlangs vermis geraak het, is die naweek gevind, het die polisie in Limpopo Maandag gesê.
Refilwe Lucy Mampshika (15), haar niggie, Franscina (16) en hul vriendin, Kedibone Ledwaba (16) het op 2 Mei vermis geraak, het kapt. Malan Nchabeleng gesê.
Die meisies het na 'n kliniek in Nobody naby Polokwane gestap en is sedertdien soek. Die lyk van een van die meisies is Vrydag op die vloer van die Apostoliese kerk gevind. Daar was geen sigbare wonde nie.
Twee lyke met oop wonde is Saterdag in die bosse in Mathibaskraal gevind.
Nchabeleng het gesê die motief vir die moorde is nie bekend nie.
"Niemand is nog in hegtenis geneem nie. 'n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om vas te stel hoe die meisies dood is."
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA