Lyke gaar op by Jhb-hospitaal
2011-07-15 13:05
Johannesburg – Die Gautengse departement van gesondheid het gesê die lykhuis by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal is 80% vol en dat die situasie beheerbaar is.
'n Ondersoek deur Mail & Guardian het onthul dat die hospitaal se lykhuis lyke van mense – sommige wat in Januarie gesterf het, opgaar omdat families nie kan bekostig om hulle te begrawe nie.
Daar is ook lyke van meer as 100 babas in die lykhuis. Baie van die babas is verwaarloos, dood gebore en ander het 'n paar uur ná geboorte gesterf. Sowat 30 van dié lyke is gestapel om 'n bord wat vir 'n enkel volwassene ontwerp is.
Simon Zwane, woordvoerder van die departement van gesondheid, het gesê lyke wat nie opgeëis word nie, moet vir 30 dae – op die staat se onkoste – by die lykhuis gehou word.
Hy het gesê baie van die mense se families woon ver en dit is dikwels moeilik om hulle van die sterftes in kennis te stel.
"Ons word volgens wet verplig om hulle (owerhede) tyd te gee om hul families op te spoor."
Die hospitaal se bestuur was nie onmiddellik beskikbaar vir kommentaar nie.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter