Lyk van vermoorde Pta-vrou in drein gevind
2011-11-24 17:19
Pretoria – Die lyk van 'n 55-jarige vrou is Donderdag in 'n drein by die Mooikloof-kantoorpark in Pretoria-Oos gevind, het die polisie gesê.
Sekuriteitsrekords toon dat die vrou nooit haar werksplek verlaat het nie. Die polisie het gesê sekuriteitswagte het op talle patroondoppies en 'n plas bloed by die ondergrondse parkering afgekom.
Die sekuriteitswagte wat Woensdagaand aan diens was, word ondervra, maar is nie verdagtes in die stadium nie.
Geen verdere besonderhede is beskikbaar nie.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter