Lyk van vermiste seun in vullisdrom gevind
2012-12-09 14:09
Johannesburg – Die lyk van 'n kind van Soweto wat verlede week vermis geraak het, is in 'n vullisdrom gevind, het die polisie Sondag gesê.
"Ons het tot gisteraand na die kind gesoek,"het Kay Makhubela, woordvoerder vir die polisie, gesê.
Die seun, 11, van Jabavu, in Soweto, het verlede Sondagaand vermis geraak. Sy familie het die polisie Maandag in kennis gestel.
Die seun se pa het Saterdag 'n vreemde reuk in sy motorhuis opgemerk.
Hy het die seun, met sy kop na onder, in die vullisdrom gevind. Die lyk het al begin ontbind.
Die oorsaak van die kind se dood is nie bekend nie.
"Ons het 'n geregtelike doodsondersoek begin en ondersoek die saak, want ons weet nie wat gebeur het nie," het Makhubela gesê.
– Volg nuus24 op Twitter.
- SAPA