Lyk van pasgebore baba op vullishoop gevind
2010-12-21 22:54
George – Die lyk van 'n pasgebore baba is op 'n vullishoop in Thembalethu in George in die Wes-Kaap gevind, het die polisie Dinsdag gesê.
"Die lyk van die baba is Maandagoggend deur 'n man wat leë bottels gesoek het, gevind," het kapt. Malcolm Pojie gesê.
Die baba was toegemaak met 'n geel plastieksak waarin 'n khaki T-hemp met blou strepe, 'n waspoeier boks en 'n pakkie droë gis was.
"Die Thembalethu-polisie soek inligting wat die identiteit van die ma van die baba sal bekend maak."
Enigeen met inligting kan konst. Elvin Ilca McCarthy by 044-802-8932 of Stopmisdaad by 08600-10111 bel.
Volg Nuus24 op Twitter