Lyk sonder oë, tong en brein gevind
2009-11-04 12:39
Durban – Die liggaam van ‘n man is in KwaMsane gevind, maar sy tong, oë, brein en gorrel is uitgehaal, het die polisie in KwaZulu-Natal gesê.
“Mahlokohloko Mkhwanazi (47) se liggaam is Dinsdag gevind,” het kapt. Jabulani Mdletshe, polisiewoordvoerder, gesê.
Volgens Mdletshe is niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die saak word steeds ondersoek.
–Sapa