Lyk op hospitaal se perseel gevind
2011-11-13 16:56
Johannesburg – Die lyk van ‘n ongeïdentifiseerde man is Sondag op die perseel van die Nelson Mandela Akademiese Hospitaal in Mthatha gevind, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
Hospitaalwerkers het die ontdekking omstreeks 02:00 gemaak, het lt. kol. Mzukisi Fatyela gesê.
Die man, vermoedelik in sy 20’s, is een maal in die bolyf geskiet.
“Ons is nie seker of hy op die perseel of elders vermoor is voordat die lyk daar afgelaai is nie.”
‘n Saak van moord word ondersoek.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA