Lyk onder bed: Man verbind met nog klagte
2011-08-27 10:02
Johannesburg – Die man wat in verband met die moord op Novinia Groom (18) van Eersterust, Pretoria, gesoek word, word ook nou verbind met verskeie ander aanklagte.
Kapt. Pinky Tsinyane, provinsiale polisiewoordvoerder, het bevestig Jermaine Mables word ook gesoek in verband met sake van onder meer gewapende roof en winkeldiefstal.
Groom se lyk is in ’n duvet toegedraai onder ’n bed in dié woonbuurt in die ooste van Pretoria gevind.
Groom is Dinsdagaand laas lewend saam met Mables, wat glo op borgtog uit was op ’n ander aanklag, buite sy huis gesien.
Mables word sedert Woensdagoggend, voordat die lyk gevind is, gesoek.
- Die polisie vra dat enigiemand met inligting oor waar Mables hom kan bevind konst. Divali by 073 681 7571 skakel.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Beeld