Lyk met sementblokke aan voete gevind
2010-02-06 08:28
Buks Viljoen
Mpumalanga-’n Man wat glo uit wraak vermoor en daarna met sementblokke aan sy bene vasgebind van ’n brug af gegooi is, se lyk is Maandag uit die Inyakadam in Mpumalanga opgediep.
Die man, wie se identiteit nog nie bekend gemaak is nie, is na bewering vroeg verlede week vermoor, waarna sy lyk Vrydagnag oor die reling van die 15 meter hoë brug gegooi is wat oor die dam naby Bosbokrand loop.
Beeld het vasgestel hy was glo betrokke by ’n sindikaat wat voertuie uit Suid-Afrika oor die grens na Mosambiek smokkel.
Hy het skynbaar vroeër inligting oor die sindikaat se bedrywighede aan die polisie se eenheid vir georganiseerde misdaad (GM) in Mpumalanga gegee.
Die sindikaat het hom toe waarskynlik uit wraak vermoor.
Een van die lede van die sindikaat is na bewering ’n polisieman (wie se naam aan Beeld bekend is) wat glo al jare lank deur GM dopgehou word.
Hy was vroeër by die Lebombo-grenspos naby Komatipoort gestasioneer.
Hy is glo verlede jaar, kort voordat GM teen hom oor sy beweerde betrokkenheid by misdaad wou optree, onverwags na Witrivier verplaas. Bronne by die Witrivier-polisie het bevestig die polisieman het egter nooit daar vir diens aangemeld nie.
Die afgelope maande het die verdagte polisieman glo toe by die polisie op Hazyview gewerk.
’n Ander lid van die sindikaat wat die naweek aangekeer is, het glo die naweek vir die polisie van die moord vertel.
’n Span duikers van die binnelandse watervleuel wat by Hectorspruit gestasioneer is, het twee dae lank in die dam na die lyk gesoek. Dit is Maandagmiddag sowat 15 meter diep gevind. Sy lyk het reeds begin ontbind. Sy hande en voete was vasgebind en twee swaar sementblokke was aan sy voete vasgebind.
Intussen het die verdagte polisieman spoorloos verdwyn. ’n Bron na aan die ondersoek sê hulle vermoed hy skuil in Mosambiek. – ’n Man wat glo uit wraak vermoor en daarna met sementblokke aan sy bene vasgebind van ’n brug af gegooi is, se lyk is Maandag uit die Inyakadam in Mpumalanga opgediep.
Die man, wie se identiteit nog nie bekend gemaak is nie, is na bewering vroeg verlede week vermoor, waarna sy lyk Vrydagnag oor die reling van die 15 meter hoë brug gegooi is wat oor die dam naby Bosbokrand loop.
Beeld het vasgestel hy was glo betrokke by ’n sindikaat wat voertuie uit Suid-Afrika oor die grens na Mosambiek smokkel.
Hy het skynbaar vroeër inligting oor die sindikaat se bedrywighede aan die polisie se eenheid vir georganiseerde misdaad (GM) in Mpumalanga gegee.
Die sindikaat het hom toe waarskynlik uit wraak vermoor.
Een van die lede van die sindikaat is na bewering ’n polisieman (wie se naam aan Beeld bekend is) wat glo al jare lank deur GM dopgehou word.
Hy was vroeër by die Lebombo-grenspos naby Komatipoort gestasioneer.
Hy is glo verlede jaar, kort voordat GM teen hom oor sy beweerde betrokkenheid by misdaad wou optree, onverwags na Witrivier verplaas. Bronne by die Witrivier-polisie het bevestig die polisieman het egter nooit daar vir diens aangemeld nie.
Die afgelope maande het die verdagte polisieman glo toe by die polisie op Hazyview gewerk.
’n Ander lid van die sindikaat wat die naweek aangekeer is, het glo die naweek vir die polisie van die moord vertel.
’n Span duikers van die binnelandse watervleuel wat by Hectorspruit gestasioneer is, het twee dae lank in die dam na die lyk gesoek. Dit is Maandagmiddag sowat 15 meter diep gevind. Sy lyk het reeds begin ontbind. Sy hande en voete was vasgebind en twee swaar sementblokke was aan sy voete vasgebind.
Intussen het die verdagte polisieman spoorloos verdwyn. ’n Bron na aan die ondersoek sê hulle vermoed hy skuil in Mosambiek. – Buks Viljoen
-Beeld