Lyk in veld buite Soweto gevind
2012-08-19 18:53
Johannesburg – Die lyk van 'n onbekende man, met diep wonde aan sy kop, is Sondagoggend in 'n oop stuk veld in Lenasia-suid gevind, het die Gautengse polisie gesê.
"Dit blyk asof die liggaam vanaf 'n ander plek geskuif is," het polisiewoordvoerder Kay Makhubela gesê.
"Die man het ernstige wonde, moontlik van 'n skerp voorwerp, opgedoen."
Die lyk is naby die Wellington-pad ontdek. 'n Saak van moord word deur die polisie ondersoek.
Volg Nuus24 op Twitter.