Lyk in getypoel gevind
2012-04-27 20:14
Kaapstad – Die lyk van 'n man is vroeg Vrydagoggend in 'n getypoel op St James-strand in Kalkbaai, Kaapstad gevind, het die Moederstad se rampbestuursentrum bekendgemaak.
Die man, wat vermoedelik in sy dertigs is, is ongeveer 08:00 ten volle geklee in die strand se getypoel gevind, het Wilfred Solomons-Johannes, 'n woordvoerder vir die sentrum, gesê.
"In hierdie stadium lyk dit of die slagoffer op die muur van die poel geloop het, en toe gegly en sy kop gestamp het, wat veroorsaak het dat hy in die poel beland het," het hy gesê.
Die man het hom vermoedelik bewusteloos geval, en hy het verdrink.
Met nadere ondersoek was daar 'n bebloede merk bo sy regteroog en wit skuim, wat dui op verdrinking, om sy mond en neus.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA