Lyk dalk dié van vermiste baba

2010-02-25 07:36
Tweets Share Share line Print

Kobus Pretorius

Kaapstad - Die lyk van ’n baba wat Woensdagoggend op ’n plaas in Philippi gevind is, is dalk dié van Mina Jarvis wat verlede jaar vermis geraak het.

Die erg ontbinde lyk is omstreeks 08:00 deur ’n plaaswerker in ’n oop stuk veld tussen ’n klomp rommel op die Vredendal-plaas aan Weltevredenweg, Philippi, gevind.

Die Burger het in Desember oor Mina (toe 18 maande oud) berig wat glo deur haar ma, Willemina Jarvis, in ’n puttoilet gegooi is.

Jarvis het destyds aan die polisie gesê sy het haar dogter in die puttoilet gegooi. Sy kon egter nie onthou wanneer sy dit gedoen het nie.

Sy is van moord aangekla, maar die saak is teruggetrek omdat daar geen bewyse was dat Jarvis haar kind vermoor het nie.

Met Die Burger se aankoms op die toneel was omstanders en familielede oortuig dat die lyk dié van Mina is.

Mina se tante, wat nie haar naam wou noem nie, het aan omstanders gesê sy herken die klere aan die lyk.

Insp. Ian Williams, ’n polisiewoordvoerder, kon nie bevestig of dit wel Mina se lyk is nie en het gesê die identiteit van die baba is nog onbekend.

“’n Nadoodse ondersoek sal eers gedoen moet word om die identiteit te bepaal.”

Williams het gesê ’n geregtelike ondersoek is geopen.

Die lyk van ’n fetus is Woensdag omstreeks 08:00 in Thambo Square, Guguletu, gevind.

Volgens kapt. Frederick van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder, het ’n hond na bewering aan die fetus gevreet.

“Die geslag en ouderdom van die fetus kon nog nie vasgestel word nie. Navrae by die Guguletu-daghospitaal het niks opgelewer nie. Niemand het deur die nag met enige maagprobleme daar aangemeld nie.”

Van Wyk het gesê niemand in Guguletu kon enige inligting verskaf oor vroue in die gebied wie se fetus dit kan wees nie.

“’n Dossier oor die verberging van ’n geboorte is geopen en die saak word ondersoek.”

Enigiemand met inligting oor die Philippi-saak kan die ondersoekbeampte, insp. Tommy Prinsloo, by 0 021 690 1500 of 0 084 657 0152 bel.

Enigiemand met inligting oor die Guguletu-saak kan die ondersoekbeampte, insp. Michael Festus, by 021 684 1500 of 078 632 0898 bel.

- Die Burger
 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: kindermoorde

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Isabel sê... Ja Stortkop, blah... blah... blah. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 16-21°C Mostly sunny. Cool. Pta: 19-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-25°C Numerous showers. Morning clouds. Mild. Bfn: 17-25°C Heavy rain. Mostly cloudy. Mild.
Dbn: 23-27°C Heavy rain. Breaks of sun late. Mild. PE: 18-22°C More sun than clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

ISUZU

KB220 LE D-Cab
2004
R 89,990.00

TOYOTA

Corolla 2.0 D-4D Exclusive Dsl MY10
2011
R 221,900.00

ISUZU

KB300 TDi LWB LX Dsl MY04
2007
R 212,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.