Luukse wiele vir Zuma se vroue kos R700 000
2011-10-10 08:40
Johannesburg – Die polisie se beskermingseenheid het sowat R700 000 begroot vir pres. Jacob Zuma se vroue se huurmotors, het The Star berig.
Die koste om huurmotors op bystand te hê vir die president se drie vroue is Vrydag in die regering se tenderbulletin aangekondig.
Die tender is aan Avis Rent a Car toegeken. Dié kontrak beloop maandeliks R30 000 oor 'n tydperk van twee jaar.
Die tenderdokumente spesifiseer nie wie die luukse motors sal gebruik nie, maar kol. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het vroeër vanjaar gesê Zuma se vroue sal die motors gebruik.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA