Luukse spa brand af

2009-12-11 09:42
Tweets Share Share line Print

Vlamme woed by die luukse Mangwanani-dagspa wat gistermiddag op die Zevenwacht-landgoed buite Kuilsrivier afgebrand het. (Foto: Johann Kotzé)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Malani Venter

Kuilsrivier - ’n Swart gebrande murasie en die reuk van aroma-olies was die enigste tekens van die eens luukse Mangwanani-spagebou wat gistermiddag op die Zevenwacht-landgoed afgebrand het.

’n Brand het omstreeks 16:00 in vermoedelik ’n leë stoorkamer van die gebou, wat op ’n koppie tussen wingerdlande sowat 3 km van die hekke van die landgoed geleë is, uitgebreek.

Niemand is in die voorval beseer nie.

Yolanda Swart, takbestuurder van die Mangwanani-dagspa, het op die toneel aan Die Burger gesê: “Genadiglik kon almal betyds uit die gebou gekom het.”

Ongeveer 80 mense was in die spa toe die brand uitgebreek het.

Dit is nog onbekend wat die oorsaak van die brand was.

“Ons het rook van die stoorkamer geruik en dadelik die brandweer ontbied. Sowat 30 kliënte en 50 personeellede het die gebou ontruim.

“Ons het met brandblussers en nat handdoeke probeer om die vuur te keer.

“Die kantoor is ook ontruim sover ons kon. Rekenaars, sakke met handdoeke en gasbottels is uitgedra.

“Ons is almal geskok. Hierdie was nie mooi om te aanskou nie,” het Swart gesê.

Volgens ’n woordvoerder van die Metro-brand-en-reddingsdienste het hulle omstreeks 16:26 ’n oproep ontvang oor ’n huis wat op die landgoed brand, berig Nurene Jassiem.

“Toe ons brandweerwaens daar aankom, het ons gevind dat ’n strooidakgebou aan die brand was.

“Die brand was ook besig om na die omliggende wingerde te versprei,” het die woordvoerder gesê.

Teen 20:00 was brandbestryders steeds besig om vlamme te blus en die toneel te monitor.

Nico van Heerden, wat die brand van sy woonhuis in die aangrensende Zevenwacht Coun­try Estate dopgehou het, het gesê die brandweer was vinnig op die toneel en het vlamme na die nabygeleë renosterbosveld betyds geblus.

Beeld
 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: brande

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.